Proverbs 22:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die oë van die HERE bewaar kennis, en Hy vernietig die woorde van die oortreder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here hou kennis in stand. Hy keer die woorde van die onbetroubare mens om. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue. |
| Afrikaans 1983 | Die Here sorg dat die regte insig behoue bly; Hy sorg dat die woorde van 'n onbetroubare mens geen uitwerking het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die oë van die Here bewaak kennis, en die sake van 'n bedrieër werp Hy omver. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense kan aanhou leer hoe om te lewe omdat die Here regeer. Hy laat die dinge wat verraaiers sê, nie gebeur nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sien alles wat ’n wyse en ’n domme sê en doen. Hy help ’n mens om reg te leef. Hy vernietig bose planne. |