Proverbs 21:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Hoë blik en 'n trotse hart en die ploeg van die goddelose is sonde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hovaardige oë en hoogmoedige harte is ’n kenmerk van goddeloses, dit is hulle sonde. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoogheid van oë en trotsheid van hart -- die glans van die goddelose is sonde. |
| Afrikaans 1983 | Die sonde van goddeloses begin altyd met selfverheffing en eiewaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoogmoedige oë en 'n verwaande hart – die lamp van goddeloses – is sonde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense wat verkeerd doen, dink dat hulle belangrik is en dat hulle baie weet. Dit is hulle sonde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is verkeerd om baie van jouself te dink en op ander neer te sien. Wie daarmee aanhou, kan later nie meer verander nie. |