Proverbs 21:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Om reg en oordeel te doen is vir die HERE meer aanneemlik as offerande.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here hou meer daarvan dat iemand reg doen en regverdig optree as dat hy offers vir Hom bring.
Afrikaans 1933/1953 Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers.
Afrikaans 1983 Die Here verkies dat 'n mens doen wat regverdig en reg is eerder as dat jy offers bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Om te doen wat reg en billik is, is vir die Here verkieslik bo offers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here hou meer van iemand wat reg lewe en reg doen as van iemand wat offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Om die regte dinge te doen en te sê is vir die Here baie belangriker as ’n groot dankoffer.