Proverbs 21:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die offer van die goddelose is 'n gruwel; hoeveel te meer as hy dit met 'n goddelose verstand bring? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God verafsku die offers wat goddeloses bring, veral as hulle dit doen met allerlei bymotiewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die offer van die goddelose is 'n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het 'n afsku in die offers van goddeloses, te meer as hulle dit bring met slegte bedoelings. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die offer van goddeloses is afstootlik, hoeveel te meer as dit gebring word met 'n slinkse bedoeling! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here haat die offers van mense wat verkeerd doen, Hy haat dit nog meer wanneer hulle die offers bring omdat hulle skelm planne het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is verskriklik as ongelowiges iets vir die saak van die Here gee. Hulle bedoel dit tog nie. |