Proverbs 21:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy begeer die hele dag lank, maar die regverdige gee en spaar nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elke dag begeer hy net meer en meer. Die regverdige gee sonder om iets terug te hou. |
| Afrikaans 1933/1953 | die hele dag deur word daar dringend begeer, maar die regverdige gee en hou nie terug nie. |
| Afrikaans 1983 | hy sit die hele dag net en wens. Die regverdige kan gee sonder om suinig te wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele dag sal hy brand van begeerte, terwyl 'n regverdige sal gee en nie terughou nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | hy sit die hele dag en wens dat hy dinge sal kry. Iemand wat reg lewe, kan vir ander mense van sy goed gee, hy is nie suinig nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Lui mens dink heeldag lank net aan sy eie selfsugtige begeertes. ’n Gelowige gee baie vir ander mense. |