Proverbs 21:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoogmoedige en hoogmoedige spotter is sy naam, wat met trotse toorn handel.
Afrikaans (NLV) 2011 Dis bekend dat ’n spotter hovaardig en aanmatigend is. Sy hovaardige optrede ken geen perke nie.
Afrikaans 1933/1953 'n Vermetele, 'n trotsaard word 'n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel.
Afrikaans 1983 'n Ligsinnige mens is hovaardig en aanmatigend, sy hovaardige optrede het geen perke nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Vermetele, aanmatigende mens – Spotter is sy naam – tree met matelose verwaandheid op.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Hoogmoedige mens wat dink net hý is reg, is 'n mens wat altyd wil spot. Alles wat hy doen, wys dat hy trots is en dat hy dink hy is beter as ander mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Arrogante mens se naam stink. Iemand wat vermetel optree en niemand in ag neem nie word verwerp.