Proverbs 21:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is 'n skat om te begeer en olie in die woning van die wyse mense; maar 'n dwase mens spandeer dit op. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In ’n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie. ’n Dwase mens gebruik alles op wat hy in sy huis het. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar 'n dwase mens bring dit deur. |
| Afrikaans 1983 | In die woning van 'n wyse mens is daar altyd kosbare besittings en olie; 'n dwase mens bring sy goed deur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Kosbare skat en olie is in die tuiste van 'n wyse, maar 'n dwase mens verslind syne. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In 'n wyse mens se huis is daar kosbare goed en olyf-olie, 'n dwase mens eet alles op wat hy het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Wyse mens het ’n fyn smaak. Hy ken die waarde van dinge en pas sy besittings mooi op. ’n Dom mens verwaarloos en vernietig alles. |