Proverbs 21:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die goddelose sal 'n losprys wees vir die regverdiges en die oortreder vir die opregtes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soms word ’n slegte mens geruil vir een wat reg doen, en die onbetroubare mens vir die eerlike persoon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die goddelose is 'n losprys vir die regverdige, en in die plek van die opregtes kom die ontroue. |
| Afrikaans 1983 | Jy ruil maklik 'n slegte mens uit vir een wat reg doen en 'n onbetroubare vir 'n eerlike. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Goddelose word 'n losprys vir die regverdige, en 'n verraderlike mens neem die plek in van opregtes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens sal maklik iemand wat verkeerd doen, omruil vir iemand wat reg lewe, of hy sal 'n ontrou mens omruil vir 'n eerlike mens. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here straf slegte mense, maar help die gelowige. Hy vernietig die ongelowige, maar seën dié wat in Hom glo. |