Proverbs 21:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie van genot hou, sal 'n arm man wees; wie van wyn en olie hou, sal nie ryk wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie agter plesier aan loop, word ’n arm mens. Wie lief is vir wyn en weelde, word nooit ryk nie.
Afrikaans 1933/1953 Wie van vrolikheid hou, is 'n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie.
Afrikaans 1983 Wie plesier voorop stel, word arm; wie lief is vir wyn en lekker kos, word nie ryk nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie van plesier hou, se voorland is gebrek; wie van wyn en salfolie hou, sal nie ryk word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As iemand baie hou van plesier, dan sal hy arm word, iemand wat baie lief is vir wyn en olyf-olie, word nie ryk nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie niks doen nie en net partytjie hou, sal nooit geld hê nie. Wie net lekker wil eet en drink, verwaarloos sy werk. Hy sal nooit ryk wees nie.