Proverbs 21:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die man wat afdwaal van die weg van verstand, sal in die vergadering van die dooies bly.
Afrikaans (NLV) 2011 As iemand wegdwaal van die verstandige weg, beland hy in die geselskap van die dooies.
Afrikaans 1933/1953 'n Mens wat afdwaal van die pad van verstand, sal in die vergadering van die skimme rus.
Afrikaans 1983 As iemand ophou om verstandig te lewe, beland hy tussen die dooies.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Mens wat afdwaal van die pad wat begrip kweek, sal in die samekoms van skimme tot rus kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand ophou om verstandig te lewe, dan sal hy moet gaan woon waar die dooie mense is, hy sal sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat nie reg wil leef nie het die lewe verloor. Stadig maar seker verloor hy al sy lewensvreugde. Uiteindelik gaan hy dood.