Proverbs 21:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Geskenk in die verborge bedaar die toorn, en 'n beloning in die boesem sterk toorn.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Geskenk ongesiens gegee, koel die man wat kwaad is af. As ’n omkoopgeskenk onopsigtelik gegee word, laat dit driftige woede bedaar.
Afrikaans 1933/1953 'n Geskenk in die geheim bring die toorn tot bedaring en 'n geskenk in die skoot die heftige woede.
Afrikaans 1983 'n Geskenk in die stilte paai 'n man wat kwaad is; as dit versigtig aangebied word, laat dit heftige woede bedaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Geskenk in die geheim laat toorn bedaar, en 'n omkoopgeskenk uit die vou van 'n kleed, heftige woede.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer jy 'n present gee vir iemand wat kwaad is vir jou, dan moet jy dit gee waar ander mense dit nie sien nie, dan sal daardie persoon nie meer kwaad wees nie. Ook wanneer hy baie kwaad is, sal hy weer goed word as jy die present gee waar julle alleen is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soms help ’n geskenk om iemand se woede te laat bedaar. Geld wat ongemerk in ’n baadjiesak gesit word, help om ’n opvlieënde humeur te temper.