Proverbs 21:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer die spotter gestraf word, word die eenvoudige wys; en as die wyse onderrig word, ontvang hy kennis.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer jy iemand wat ander belaglik maak, laat boet vir sy dade, leer onervare mense wysheid daaruit. Wanneer jy iemand onderrig wat reeds wysheid het, leer hy nog meer daaruit.
Afrikaans 1933/1953 As 'n mens 'n spotter straf, word die eenvoudige bedagsaam; en as 'n mens 'n wyse onderrig, neem hy self kennis aan.
Afrikaans 1983 As jy 'n ligsinnige mens laat boet vir sy dade, leer onervare mense wysheid daaruit; as jy iemand onderrig wat wysheid het, leer hy self daaruit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer mens 'n spotter beboet, word 'n onkundige wys; en as mens 'n wyse onderrig, aanvaar hy kennis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer jy 'n persoon straf wat altyd wil spot, dan kry iemand wat baie min weet, wysheid. Wanneer jy vir 'n persoon leer wat wysheid het, dan leer hy nog meer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Wyse kan nooit genoeg van die lewe leer nie. Wanneer ’n slegte mens vir sy dade gestraf word, moet ’n wyse ’n les daaruit leer. Wanneer ’n wyse kennis van die lewe opdoen, moet hy dit dadelik sy eie maak.