Proverbs 20:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Koning wat op die troon van oordeel sit, verstrooi alle kwaad met sy oë.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer die koning op sy troon sit om oor ’n saak te besluit, moet hy uitsorteer wat reg en wat verkeerd is.
Afrikaans 1933/1953 'n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is.
Afrikaans 1983 Wanneer die koning moet regspreek, sien hy ál wat verkeerd is, raak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Koning wat op die regterstoel sit, sif met sy oë al wat sleg is, uit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n koning op sy troon gaan sit om te oordeel, dan sien hy alles wat verkeerd is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Leier met baie lewenswysheid sien verkeerde dinge maklik raak. Hy het die mag om verkeerde dinge te stop.