Proverbs 20:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die meeste mense sal elkeen sy eie goedheid verkondig, maar wie kan 'n getroue man vind?
Afrikaans (NLV) 2011 Baie mense sal voorgee dat hulle lojale vriende is, maar waar is daar iemand wat regtig betroubaar is?
Afrikaans 1933/1953 Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind 'n betroubare man?
Afrikaans 1983 Baie gee te kenne dat hulle getrou is, maar wie kan 'n werklik betroubare mens vind?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Baie mense verklaar hulle lojaliteit, maar 'n werklik betroubare man – wie sal hom vind?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is baie mense wat sê hulle sal doen wat hulle belowe, maar daar is min mense wat regtig doen wat hulle sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Egte vriendskap is skaars. Baie sê hulle is jou vriend, maar min sal jou deur dik en dun ondersteun.