Proverbs 20:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die luiaard sal nie ploeg vanweë die koue nie; daarom sal hy in die oes bedel en niks hê nie.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Luiaard ploeg nie wanneer dit saaityd is nie. Wanneer hy oestyd na iets soek, is daar niks om te oes nie.
Afrikaans 1933/1953 In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie.
Afrikaans 1983 'n Luiaard ploeg nie in die saaityd nie en soek in die oestyd na iets wat nie daar is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die winter ploeg 'n luiaard nie; soek hy iets in die oestyd, is daar niks.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die lui mens ploeg nie wanneer hy moet ploeg nie, en wanneer dit tyd is om te oes, dan soek hy koring om af te sny, maar daar is niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Lui mense gaan ook in die môre werk toe. Daar doen hulle net mooi niks, maar aan die einde van die maand wil hulle geld hê.