Proverbs 20:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê nie: Ek sal kwaad vergelde nie; maar wag op die HERE, en Hy sal jou verlos.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie sê: “Ek sal my wreek op die kwaad wat aan my gedoen is” nie. Wag eerder op die Here. Hy sal jou saak hanteer.
Afrikaans 1933/1953 Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die HERE, dat Hy jou help.
Afrikaans 1983 Moenie sê: “Ek wil my wreek oor die kwaad wat my aangedoen is” nie; vertrou op die Here, en Hy sal jou help.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie sê, “Ek wil die kwaad vergeld” nie; wag op die Here, sodat Hy jou help.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand slegte dinge gedoen het aan jou, dan moet jy nie sê jy sal ook slegte dinge doen aan hom nie, jy moet wag vir die Here, Hy sal jou help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie jou wreek oor kwaad wat jou aangedoen is nie. Los dit liewer vir die Here. Hy sal jou help.