Proverbs 20:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die vrees vir 'n koning is soos die brul van 'n leeu; wie hom terg, sondig teen sy eie siel.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Koning wek net soveel vrees as ’n leeu wat brul. Jy stel jou lewe in gevaar as jy hom kwaad maak.
Afrikaans 1933/1953 Die dreiging van die koning is soos die gebrom van 'n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe.
Afrikaans 1983 Die koning wek net soveel vrees as die brul van 'n leeu; as jy die koning kwaad maak, is jou lewe in gevaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Gebrul soos dié van 'n jong leeu, so is die angs wat 'n koning veroorsaak; wie hom kwaad maak, stel sy lewe in gevaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens is bang vir 'n koning, so bang soos vir 'n leeu wat brul. As jy die koning kwaad maak, dan is dit gevaarlik, jy sal miskien sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die woedebuie van ’n regeerder is net so angswekkend soos ’n grommende leeu. Wie hom teëgaan, kan sy lewe verloor.