Proverbs 20:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is niks, dit is niks, sê die koper; maar as hy weg is, dan spog hy.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koper sê: “Nikswerd! Dis niks werd nie!” Wanneer hy weggaan, spog hy met sy winskopie.
Afrikaans 1933/1953 Sleg, sleg! sê die koper; maar as hy wegloop, beroem hy hom.
Afrikaans 1983 “Sleg! Sleg!” sê die koper, maar as hy weg is, spog hy met sy winskopie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Nikswerd! Nikswerd!” sê die koper; maar as hy wegstap, dan spog hy.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die persoon wat iets wil koop, sê die goed is sleg, maar wanneer hy weggaan, dan is hy baie tevrede met wat hy gekoop het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Koper sal altyd oor die prys kla. Later spog hy dat dit ’n winskoop was.