Proverbs 20:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moenie die slaap liefhê nie, dat jy nie in armoede kom nie; maak jou oë oop, en jy sal versadig word van brood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie lief wees vir slaap nie; jy kan in armoede verval. Wees wakker, en jy sal genoeg hê om te eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig. |
| Afrikaans 1983 | As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie; staan vroeg op, en jy sal oorgenoeg hê om te eet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie lief wees vir slaap nie, anders verarm jy; as jy jou oë oophou, sal jy jou versadig eet aan brood. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As jy nie arm wil word nie, dan moet jy nie lief wees vir slaap nie, as jy vroeg opstaan, dan sal jy genoeg kos hê om te eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie lui wees nie. Moenie jou tyd met niksdoen verspil nie. Werk hard! Dan sal jy genoeg hê om van te leef. |