Proverbs 20:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wyn is 'n spotter, sterk drank raas; en elkeen wat daardeur mislei word, is nie wys nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wyn maak jou tong los. Sterk drank maak jou lawaaierig. Hy wat hom aan drank vergryp, is nie verstandig nie.
Afrikaans 1933/1953 Die wyn is 'n spotter, en sterk drank 'n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.
Afrikaans 1983 Wyn maak jou ligsinnig, drank laat jou lawaai maak; niemand wat van dronkenskap slinger, is verstandig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die wyn is 'n spotter, en sterk drank 'n lawaaimaker. Elkeen wat daarvan slinger, is nie wys nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer jy te veel wyn gedrink het, dan wil jy altyd spot. Sterk drank laat jou 'n mens word wat altyd wil raas. Niemand wat dronk is, sal wysheid kry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Te veel wyn laat jou onsin praat. Sterk drank maak jou rumoerig. Dit is slim van jou om nie dronk te word nie.