Proverbs 19:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat wysheid verkry, het sy eie siel lief; hy wat verstand bewaar, sal die goeie vind.
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand wat vir homself omgee, kry wysheid in die hande. Iemand wat insig vashou, geniet voorspoed.
Afrikaans 1933/1953 Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.
Afrikaans 1983 Wie homself liefhet, sorg dat hy wysheid verwerf; hy stel prys op insig sodat hy voorspoed kan geniet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy koester verstandigheid om die goeie te vind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat wil leer om verstandig te wees, is lief vir sy lewe, dit gaan goed met iemand wat verstandig bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Gelowige lewenstyl verryk ’n mens. Insig verleen kwaliteit aan die lewe.