Proverbs 19:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die broeders van die armes haat hom; hoeveel te meer gaan sy vriende ver van hom af? hy agtervolg hulle met woorde, maar hulle ontbreek hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ’n arm man se broers niks met hom te doen wil hê nie, hoeveel te meer sal sy naaste hulle nie aan hom steur nie? Hy smeek verniet by hulle. Hulle is weg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde -- weg is hulle! |
| Afrikaans 1983 | As 'n arm man se broers almal niks met hom te doen wil hê nie, bly sy vriende ook van hom af weg, en om hulle te soebat, help nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Arme se hele familie het 'n weersin in hom; hoeveel te meer sal sy boesemvriend nie van hom af wegbly nie? Hy probeer hulle met woorde bereik, maar hulle is nie daar nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Arm mens se broers hou nie van hom nie, nie een van sy broers nie, sy vriende hou ook nie van hom nie, sy vriende bly ver weg van hom. Wanneer die arm man met hulle wil praat, dan is hulle nie daar nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand in ’n groot finansiële verknorsing staan alleen. Sy eie familie vermy hom. Sy vriende wil niks met hom te doen hê nie. Beloftes van hulp word gou vergeet. |