Proverbs 19:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Rykdom maak baie vriende; maar die arme word van sy naaste geskei.
Afrikaans (NLV) 2011 Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm mens het geen vriende nie.
Afrikaans 1933/1953 Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.
Afrikaans 1983 Rykdom vergader baie vriende; 'n arm mens word van sy enigste vriend vervreem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Besittings maak vriende baie meer, maar 'n hulpelose word deur sy vriend verlaat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand ryk is, dan het hy baie vriende, maar wanneer iemand arm is, dan sal die een vriend wat hy het, hom ook los.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Waar daar geld is, is daar altyd baie vriende. Baie geld maak baie vriende. ’n Arme word selfs deur sy beste vriend verlaat.