Proverbs 19:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat sy vader verkwis en sy moeder verdryf, is 'n seun wat skande maak en smaad bring.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Seun wat sy pa aanrand en sy ma uit die huis jaag, is ’n veragtelike en skandelike mens.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is 'n seun wat skande maak en skandelik handel.
Afrikaans 1983 'n Seun wat sy pa mishandel en sy ma verstoot, is skaamteloos en veragtelik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie 'n vader geweld aandoen en 'n moeder beseer, is 'n seun wat skande maak en skandelik optree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is baie lelik wanneer 'n kind slegte dinge doen aan sy ouers en hy jaag hulle weg, 'n mens moet skaam wees daaroor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie sy pa sleg behandel en sy ma verneder, is ’n veragtelike en ’n verfoeilike mens.