Proverbs 19:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Slaan 'n spotter, en die eenvoudige sal oppas; en bestraf een wat verstand het, en hy sal kennis verstaan.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy iemand wat spot, bestraf, leer jy dié wat nog onervare is. Wanneer jy ’n verstandige teregwys, word hy nog verstandiger.
Afrikaans 1933/1953 Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.
Afrikaans 1983 As jy 'n ligsinnige mens klap, leer dié wat nog onervare is, daaruit; as jy 'n verstandige mens straf, word hy nog verstandiger.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Slaan jy 'n spotter, dan word 'n onkundige slim; die teregwysing van 'n verstandige laat hom kennis verstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy 'n pak slae gee vir iemand wat altyd wil spot, dan sal 'n ander jongmens wat baie min weet, iets leer. As jy vir 'n verstandige mens sê hoe hy moet lewe, dan sal hy nog meer verstandig word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat baie van homself dink, moet eers hard aangespreek word voordat hy luister. ’n Ligte vermaning is vir ’n wyse genoeg. Hy weet wat om te doen.