Proverbs 19:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die begeerte van 'n man is sy goedertierenheid, en 'n arm man is beter as 'n leuenaar.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Mens se lojaliteit is prysenswaardig. Dit is beter om arm te bly as om te bedrieg.
Afrikaans 1933/1953 Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid; en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.
Afrikaans 1983 'n Mens wy sy lewe aan wat hy begeer, maar dit is beter om arm te bly as om te bedrieg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat van 'n mens verwag word, is sy troue liefde, en 'n arm mens is beter as 'n leuenaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens kan aanhou doen wat hy graag wil doen, maar dit is beter om 'n arm mens te wees as om 'n mens te wees wat lieg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mooiste ding wat ’n mens kan doen, is om lief te hê. ’n Arme wat opreg is, is baie beter as iemand wat lieg en bedrieg.