Proverbs 19:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook dat die siel sonder kennis is, dit is nie goed nie; en hy wat haastig is met sy voete, sondig.
Afrikaans (NLV) 2011 Geesdrif sonder kennis help niks. Oorhaastigheid stuur jou in die verkeerde koers.
Afrikaans 1933/1953 Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.
Afrikaans 1983 Ywer sonder kennis deug nie; oorhaastigheid bring foute.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sonder kennis is selfs ywer nie goed nie, en wie oorhaastig met sy voete is, trap mis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is nie goed om dinge te probeer doen as jy nie weet hoe nie. As jy te haastig is, dan sal jy foute maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dink voordat jy begin. ’n Haastige mens wat nie dink voordat hy optree nie, misluk.