Proverbs 19:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat die gebod bewaar, bewaar sy eie siel; maar hy wat sy weë verag, sal sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand wat vashou aan die gebod van die Here, sal sy lewe behou. Iemand wat dit verag, gaan dood.
Afrikaans 1933/1953 Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.
Afrikaans 1983 Wie prys stel op die gebod van die Here, stel prys op sy eie lewe; wie nie omgee hoe hy lewe nie, sterf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie gebooie nakom, beskerm sy lewe; wie die weë van die Here minag, sal sterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat doen wat die Here wil hê, sal aanhou lewe, iemand wat dink dit is nie belangrik om reg te lewe nie, sal sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie die Here se wil ernstig opneem, is ’n gelukkige mens. Wie sy woord verag, gaan stadig maar seker dood.