Proverbs 19:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Dwase seun is die ellende van sy vader, en die twis van 'n vrou is 'n voortdurende druppel.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Dwase seun is ’n ramp vir sy pa. ’n Vrou wat bly neul, is soos water wat van die dak af drup.
Afrikaans 1933/1953 'n Dwase seun is 'n ramp vir sy vader, en die gekyf van 'n vrou is 'n aanhoudende gedrup.
Afrikaans 1983 'n Dwase seun is sy vader se ondergang; die gekyf van 'n vrou is soos die gedrup uit 'n dak wat lek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Dwase seun is die ondergang van sy vader, en die gekyf van 'n vrou is soos 'n lekkende dak wat aanhou drup.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Kind wat dwaas is, laat dit sleg gaan met sy pa. Wanneer 'n vrou aanhou kla, dan is dit soos wanneer water aanhou drup deur die dak van 'n huis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Ongelowige seun wat nie weet hoe om reg te leef nie, kan sy ouers in ellende dompel. Iemand wat voortdurend karring, is so irriterend soos ’n dak wat op ’n reëndag drup.