Proverbs 19:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die arme wat in sy opregtheid wandel, is beter as hy wat verkeerd is op sy lippe en 'n dwaas is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is beter om arm en eerlik te lewe as om met leuens te lewe en ’n dwaas te wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as 'n verkeerde van lippe en daarby 'n dwaas. |
| Afrikaans 1983 | Liewer arm wees en opreg lewe as 'n leuenaar en boonop 'n dwaas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Arme wat onberispelik leef, is beter as iemand met vals lippe wat boonop 'n dwaas is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is beter om arm te wees en eerlik te lewe as om mense te bedrieg en ook 'n dwaas te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eerder ’n arme wat die Here ken, as ’n ryke sonder enige wysheid. Hy sê en doen die domste dinge. |