Proverbs 18:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die woorde van 'n mens se mond is soos diep waters, en die fontein van wysheid soos 'n vloeiende stroom.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Man se woorde kan diep waters wees, ’n borrelende fontein waaruit wysheid vloei.
Afrikaans 1933/1953 Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid.
Afrikaans 1983 Die woorde van 'n mens kan diep waters wees, 'n bruisende stroom, 'n bron van wysheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Diep water is die woorde uit 'n man se mond; 'n bruisende stroom is 'n bron van wysheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dinge wat 'n mens sê, kan soos diep water wees, soos 'n waterstroom wat vinnig vloei, daar kan wysheid uitkom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Gelowige se woorde is soos ’n borrelende fontein. Dit bemoedig mense, troos hulle, wys hulle die regte pad.