Proverbs 18:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Mens se maag word versadig van die vrug van sy mond; en met die vermenigvuldiging van sy lippe sal hy versadig word.
Afrikaans (NLV) 2011 Deur die regte woorde te gebruik kan ’n mens sy honger stil. Hy kan genoeg kry om te eet met wat hy sê.
Afrikaans 1933/1953 Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe.
Afrikaans 1983 Deur die regte woorde te gebruik, kan 'n mens sy honger stil, hy kan genoeg kry om te eet deur wat hy sê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van die vrug van 'n mens se mond word sy maag gevul; die opbrengs van sy lippe versadig hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat die regte dinge sê, kry genoeg om te eet. Hy het genoeg omdat hy weet wat om te sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Woorde moet tot dade lei. Baie praat sonder resultate is frustrerend.