Proverbs 18:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Broer wat aanstoot neem, is moeiliker om te wen as 'n sterk stad, en hulle twis is soos die grendels van 'n kasteel.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Verontregte broer is meer ontoeganklik as ’n gewapende stad; ’n rusie is soos die balk wat deure toesluit.
Afrikaans 1933/1953 'n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad; en geskille is soos die grendel van 'n paleis.
Afrikaans 1983 'n Veronregte broer is ontoegankliker as 'n vestingstad; rusie is soos die sluitbalk van 'n fort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Broer teen wie oortree is, is minder toeganklik as 'n sterk vestingstad, en rusie is soos die sluitbalk van 'n vesting.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens kan nie maklik inkom in 'n stad wat sterk mure het nie, ook nie in 'n paleis wat 'n sluitbalk aan die poort het nie. Jy kan ook nie maklik praat met 'n broer wat kwaad is vir jou omdat jy iets verkeerd gedoen het aan hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat in ’n rusie seergekry het, onttrek hom aan ander. Tussen hom en hulle is daar ’n ysterhek.