Proverbs 18:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat eerste is in sy eie saak, lyk regverdig; maar sy naaste kom en deursoek hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy wat eerste praat in ’n regsaak, lyk altyd onskuldig. Eers by kruisondervraging kom die waarheid uit.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.
Afrikaans 1983 Iemand wat in 'n regsaak eerste praat, is altyd onskuldig, maar dan kom iemand anders en ondervra hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die een wat eerste sy saak stel, het skynbaar gelyk, maar sy medemens kom en ondervra hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit lyk altyd of die persoon reg is wat eerste praat in 'n hof, maar wanneer iemand vir hom vrae begin vra, dan lyk dit nie meer reg nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die hof klink die eerste getuie se verhaal altyd oortuigend. Onder kruisverhoor sing hy gou ’n ander deuntjie.