Proverbs 18:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Man se gawe maak vir hom plek en bring hom voor groot manne.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Geskenk maak ander se harte oop vir jou. Dit maak belangrike mense toeganklik vir jou.
Afrikaans 1933/1953 Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.
Afrikaans 1983 'n Geskenk maak vir 'n mens die pad oop en gee hom toegang tot mense met mag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die geskenk van 'n mens skep vir hom ruimte; na die teenwoordigheid van grotes lei dit hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand vir mense presente gee, dan is hy welkom by hulle, hy kan dan by belangrike mense staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Geskenk bring ’n mens ver. Respek vir ander maak jou gewild.