Proverbs 18:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die gees van 'n mens sal sy krankheid onderhou; maar 'n gewonde gees wie kan dit verdra?
Afrikaans (NLV) 2011 Innerlike sterkte dra ’n mens deur sy liggaamlike siekte. Hoe kan iemand egter uithou as hy moed verloor het?
Afrikaans 1933/1953 Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees -- wie kan dit opbeur?
Afrikaans 1983 Moed laat 'n mens sy lyding dra; as hy moed verloor het, kan niemand hom dit weer gee nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die gees van 'n mens dra hom deur siekte, maar 'n neerslagtige gees – wie kan dit opbeur?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n man aanhou hoop, dan sal dit hom help wanneer hy siek is, maar niemand kan aanhou lewe as hy moedeloos is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Blymoedige mens kan die ernstigste siekte oorleef. Vir ’n geknakte gees is daar geen medisyne nie.