Proverbs 18:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat 'n saak beantwoord voordat hy dit hoor, dit is vir hom dwaasheid en skande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat ’n antwoord gee voor hy die vraag gehoor het, is dwaas. Skande wag vir hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit 'n sotheid en 'n skande wees. |
| Afrikaans 1983 | Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie antwoord voordat hy luister – sotheid is sy deel, en ook vernedering. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat nie goed luister voordat hy antwoord nie, doen 'n dom ding, en almal sal dink hy is dom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat antwoord voordat hy luister, praat die grootste onsin. Niemand wil hom meer enige raad vra nie. |