Proverbs 17:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak herhaal, skei baie vriende. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat stilbly oor onreg teenoor hom, bevorder liefde tussen mense. Om gedurig daaroor te praat, dryf vriende uitmekaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar. |
| Afrikaans 1983 | Wie 'n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie 'n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie 'n oortreding bedek, streef na liefde, maar wie 'n saak telkens ophaal, skei boesemvriende. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat maak of hy nie sien wanneer iemand anders iets teen hom doen nie, is iemand wat lief is vir mense. Iemand wat vertel wat ander mense oor mekaar sê, laat vriende kwaad word vir mekaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy mense vergewe wat jou te kort doen of sleg van jou praat, verstaan jy God se liefde baie goed. Wie iemand altyd verwyt of hom aan sy skuld herinner, verloor gou al sy vriende. |