Proverbs 17:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Goddelose dader gee ag op valse lippe; en 'n leuenaar luister na 'n stoute tong.
Afrikaans (NLV) 2011 Moeilikheidmakers luister graag na kwaadwillige woorde. Leuenaars gee aandag aan bedrieglike idees.
Afrikaans 1933/1953 Die kwaaddoener gee ag op 'n bedrieglike lip, 'n leuenaar luister na 'n tong wat onheil stig.
Afrikaans 1983 Wie op onreg uit is, luister gretig na kwaadwillige woorde; wie van valsheid hou, hoor graag woorde wat verderf saai.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Kwaaddoener gee aandag aan lippe vol boosheid; 'n leuenaar spits sy oor vir 'n tong vol vernietiging.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat verkeerde dinge wil doen, luister na mense wat slegte dinge sê. Iemand wat leuens vertel, luister na mense wat alles wil verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Mens wat die Here verag, luister graag na smerige praatjies oor seks, geweld en moord. Hy kan nooit genoeg daarvan kry nie. ’n Leuenaar kan ook nie met sy gelieg ophou nie. Hy hou net aan en aan.