Proverbs 17:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Selfs 'n dwaas, as hy swyg, word as wys geag; en hy wat sy lippe toehou, word beskou as 'n man van verstand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig. |
| Afrikaans 1983 | As 'n dwaas nie praat nie, kan selfs hy aangesien word vir 'n wyse, en as hy sy mond toehou, vir 'n verstandige mens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Selfs 'n sot wat stilbly, word as wys beskou, as verstandig, wanneer hy sy lippe dig hou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense dink iemand het wysheid wanneer hy nie praat nie, hulle dink hy is verstandig wanneer hy stilbly, hulle dink dit ook wanneer hy 'n dwaas is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs ’n dwaas tree reg op wanneer hy sy praatlus bedwing. As hy geheime kan hou, is hy slim. |