Proverbs 17:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wysheid is voor hom wat verstand het; maar die oë van 'n dwaas is aan die eindes van die aarde.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Verstandige mens hou wysheid goed in die oog. ’n Dwase mens se gedagtes dwaal doelloos rond.
Afrikaans 1933/1953 Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde.
Afrikaans 1983 'n Verstandige mens hou hom besig met wysheid, maar 'n dwaas se gedagte dwaal doelloos rond.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Iemand met insig hou wysheid voor oë, maar die oë van 'n dwaas is gerig op die eindes van die aarde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Verstandige mens dink hoe hy wysheid kan kry, maar 'n dwaas dink hoe hy die hele aarde kan kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die gelowige wil graag reg leef. Hy soek heeltyd na wysheid. ’n Dwaas stel net in oppervlakkighede belang.