Proverbs 17:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat 'n dwaas verwek, doen dit tot sy smart, en die vader van 'n dwaas het geen vreugde nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die pa van ’n dwaas ervaar baie hartseer. Daar is geen vreugde vir ’n pa as sy seun ’n dwaas is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Daar wag hartseer vir die vader van 'n dwaas; wie 'n ongemanierde seun het, het geen vreugde nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie 'n dwaas verwek – tot verdriet is dit vir hom; en die vader van 'n nikswerd sal geen blydskap ervaar nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens is hartseer wanneer jou kind 'n dwaas is, jy het dan niks waaroor jy bly kan wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is nie lekker vir ouers as ’n kind die Here verwerp en nie weet hoe om reg te leef nie. Dit maak hulle diep ongelukkig. |