Proverbs 17:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat 'n verkeerde hart het, vind niks goeds nie; en hy wat 'n verkeerde tong het, val in onheil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Huigelagtige mens sal nie voorspoed hê nie. Hy wat die waarheid verdraai, stort homself in die ongeluk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk. |
| Afrikaans 1983 | 'n Vals mens sal nie voorspoed hê nie; wie die waarheid verdraai, sal ondergaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie 'n valse hart het, vind nie die goeie nie, en wie bedrieglik met sy tong is, beland in die moeilikheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal nie goed gaan met 'n mens wat vals is nie. As hy ander mense wil bedrieg, dan sal dit sleg gaan met hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Mens wat met niks tevrede is nie, sê nooit iets goeds van ander nie. Hy kraak net heeltyd af. Niks is ooit reg nie. Later wil niemand met hom bevriend wees nie. |