Proverbs 17:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Wyse dienskneg sal heers oor 'n seun wat skande maak, en hy sal 'n deel van die erfdeel onder die broeders hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Verstandige slaaf kan heers oor ’n seun wat skande maak. Hy sal saam met die broers hulle pa se goed erf. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel. |
| Afrikaans 1983 | 'n Verstandige slaaf sal gesag kry oor 'n seun wat 'n verleentheid is en sal 'n erfgenaam word saam met die seun se broers. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en sal saam met die broers deel in die erfenis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Verstandige slaaf sal regeer oor 'n seun wat niks reg doen nie. Die slaaf sal saam met daardie seun se broers die pa se goed erf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat niks het nie, kan deur harde werk baie bereik. Hy kan selfs ’n hoë pos beklee en belangrike besluite neem. |