Proverbs 17:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat 'n beer wat van haar kleintjies beroof is, 'n man ontmoet, eerder as 'n dwaas in sy dwaasheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Dis beter om ’n beer teë te kom wat van kleintjies beroof is, as om ’n dwaas met sy sotheid te konfronteer.
Afrikaans 1933/1953 Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, maar nie 'n dwaas in sy sotheid nie.
Afrikaans 1983 'n Mens kan liewer 'n beerwyfie raakloop wat van haar kleintjies beroof is, as 'n dwaas met sy sotheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Beer van haar kleintjies beroof kan eerder op 'n mens afkom, as 'n dwaas in sy sotheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is gevaarlik om naby 'n beer-wyfie te kom wat kwaad is omdat haar kleintjies dood is, maar dit is slegter om 'n dwaas te ontmoet wat dom dinge doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Woedende leeuwyfie wie se kleintjies van haar af weggeneem is, is nie naastenby so gevaarlik soos al die onsin wat ’n dom mens praat nie.