Proverbs 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Teregwysing kom meer in 'n wyse man as honderd slae in 'n dwaas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Een teregwysing bereik meer by ’n verstandige mens as 100 houe oor die rug van ’n dwaas. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan. |
| Afrikaans 1983 | 'n Enkele dreigement maak meer indruk op 'n verstandige mens as honderd houe op 'n dwaas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Dreigement maak 'n groter indruk op iemand met insig as honderd houe op 'n dwaas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Verstandige mens luister wanneer iemand met hom raas, maar 'n dwaas luister nie, hy luister ook nie wanneer hulle hom 100 maal met 'n stok slaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Persoon wat die Here ken, luister as iemand hom op sy foute wys. Hy neem dit ernstig op en dink daaroor na. ’n Dom mens kan jy slaan en slaan, maar hy hou aan om verkeerd te doen. |