Proverbs 16:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur goedertierenheid en waarheid word die ongeregtigheid gereinig, en deur die vrees van die HERE wyk mense af van die kwaad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Liefde en lojaliteit bring versoening vir oortredings. Kwaad word vermy wanneer daar respek is vir die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk 'n mens af van die kwaad. |
| Afrikaans 1983 | Liefde en trou bring versoening waar daar verkeerd gehandel is; kwaad word vermy deur die Here te dien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur troue liefde en waarheid word sondeskuld bedek, en deur ontsag vir die Here vermy 'n mens die kwaad. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As jy wil hê die Here moet jou sondes vergewe, dan moet jy doen wat jy belowe en jy moet aanhou glo. As jy die Here respekteer en Hom dien, dan sal dit nie sleg gaan met jou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Respek vir mekaar laat ’n vriendskap blom. Liefde vir die Here hou ’n mens van die kwaad af weg. |