Proverbs 16:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat lankmoedig is, is beter as die held; en hy wat sy gees heers as hy wat 'n stad inneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Dis beter om geduldig te wees as dapper. Selfbeheersing is beter as om ’n stad in te neem.
Afrikaans 1933/1953 Die lankmoedige is beter as 'n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.
Afrikaans 1983 'n Geduldige mens het meer waarde as 'n bedrewe vegter, 'n mens met selfbeheersing meer as iemand wat 'n stad inneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Geduldige mens is beter as 'n held, en wie sy gees beheers, is beter as iemand wat 'n stad inneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Geduldige mens beteken meer as iemand wat goed oorlog kan maak, 'n mens wat nie gou kwaad word nie, beteken meer as iemand wat 'n stad kan oorwin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie sy humeur kan beteuel, is sterker as die sterkste mens. Wie sy drange en emosies kan beheer, is magtiger as baie magtiges.