Proverbs 16:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die hart van die wyse leer sy mond en voeg geleerdheid by sy lippe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Mens wat wys is, sê verstandige dinge. Hy kan ander mense onderrig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe. |
| Afrikaans 1983 | 'n Wyse mens praat verstandig en kies sy woorde so dat hy ander kan leer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hart van 'n wyse maak sy mond verstandig en bevorder die onderrig op sy lippe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat wysheid het, praat verstandig, ander mense kan by hom leer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos ’n mens dink, praat hy ook. ’n Goeie spreker kan mense baie dinge leer. |