Proverbs 16:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is beter om nederig te wees met die nederiges, as om buit te deel met die hoogmoediges.
Afrikaans (NLV) 2011 Eerder nederig lewe saam met armes as om buit te deel met hoogmoediges.
Afrikaans 1933/1953 Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.
Afrikaans 1983 Liewer eenvoud saam met nederiges as om saam met hoogmoediges van roof te lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Nederige gees saam met magteloses is beter as om buit te verdeel saam met hovaardiges.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is beter om nederig te wees saam met die mense wat hulleself nie kan beskerm nie, beter as om ander mense se goed te vat en dan saam met hoogmoedige mense te lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is beter om niks van jouself te dink nie en saam met die eenvoudiges te leef, as om baie geld te hê en saam met hoogmoediges te bly.